In 2011 het ek 'n manuskrip vir 'n uitgewer in die Suid-kaap gestuur. Hulle wou my boek publiseer. Intussen het ek begin skryf aan Sprankel Dief, 'n ware verhaal. Ek het die eerste hoofstuk aan die uitgewerk gestuur en hulle het my drie weke gegee om die boek klaar te skryf. Binne twee weke was Sprankel Dief by gereed vir druk. 16 Desember 2011 was 'n wonderlike dag vir my. My "baba" Sprankel dief word bekend gemaak aan die Suid-kaap. Dit was ook waar dit geeindig het. 'n Bestuurder by die uitgewer het weggeloop met duisende rande van sowat agt skrywers. Duisende boeke het by 'n verpreider gele wat geweier het om dit terug te gee, omdat die uitgewer hulle te veel geld geskuld het. My droom het in 'n nagmerrie verander. In April 2012 het my dogter my oorreed om 'n indie skrywer te word en my boeke self te publiseer op die internet. Sy het my gehelp om dit op die internet te kry en so is Sprankel Dief by meeste aanlyn boekwinkels te koop. Tans is ek besig om nog twee boeke te skryf. Alhoewel ek nog 'n hele paar ware verhale kan skryf, het ek besluit om eers by fiksie te hou. Die boeke sal binnekort aanlyn te koop wees. Dankie vir almal se ondersteuning die afgelope jaar en half. Ek glo dat Sprankel Dief lewens kan verander deur vir vroue reg oor die wereld te laat verstaan dat hulle nie in 'n huwelik hoef te bly waar hulle mishandel word nie. Dis nie die einde vir hulle nie.