Dit is die ware verhaal van Anne, die intelligente sonkind, wie onwetend in die liefdesweb van 'n manipuleerder vasgevang word en haar stryd om staande te bly, sonder om haarself of haar kind te verloor. Dis die skokkende verhaal van jou ma, jou dogter of dalk nog jou ouma
LIEFSTE INBREKER Die rykmansdogter bevind haarself in 'n hulpelose situasie wanneer sy uitgeskop word deur haar stiefma. Sy "pas" Deon Joubert se huis op terwyl hy oorsee is, sodat sy 'n ander heenkome kan vind terwyl sy huis leeg is. Deon betrap die inbreker in sy strandhuis, en maak vir haar 'n aanbod wat sy nie van die hand kan wys nie. Haar enigste uitweg is om met Deon te trou sodat hy sy ergporsie kan behou en sy 'n dak oor haar kop het. Twee jaar gaan tog gou verby. Of so het hulle gedink.
Die verhaal van soveel vroue. Word vir 'n jonger vrou verruil. Subtiel afgebreek omdat sy nie meer maer en mooi genoeg was nie. Stap die see in om 'n einde van als te maak. Besef dan sy wil lewe. Word gered deur 'n aantreklike man wat haar leer sy hoef nie te verander om iets te beteken nie. Dat sy mooi, begeerlik, en slim intelligent genoeg is om weer lief te kry, en 'n sukses van die lewe te maak. Sy kry basies 'n tweede kans. Haar eks besef hy het 'n fout gemaak, maar die nuwe Mara het aanbeweeg, en hy is nie meer goed genoeg vir haar nie.
Katrien, 'n jong kunstenaar keer terug na haar tuisdorp nadat sy uit haar mentor se kloue ontsnap. Terug by die see en die mense vir wie sy lief is, ontwaak ou gevoelens weer in haar hart.
Margie se lewe word in 'n oogwink verander wanneer drie mans haar verkrag en vir dood agterlaat. Vergifnis is nie vir haar 'n opsie nie, want die saad wat in haar geplant is sal haar vir ewig laat onthou wat daardie grusame nag gebeur het.
Hanna smeek God vir 'n kindjie en kry so 'n seun, maar nie op die manier wat sy gedink het nie. Kan Hanna hulle vergewe en so ook 'n tweede kans op geluk hê.